Projek KuberWêreld
Aksie 1:8. Aksie 1:8 is die sendingarm van die Evangelies Gereformeerde Kerk, maar bedien die Kerk van Jesus Christus oor denominasionele grense en werk saam met alle evangeliese sendingaksies. Aksie 1:8 se funksie is mobilisering en sendingopleiding van gemeentes, en uitstuur en versorging van sendelinge.

Capro Missions. Capro Missions is 'n Afrika sendingorganisasie wat uit Africa Inland Mission (Afrika se oudste sendingorganisasie) gegroei het en sy hoofkantoor in Nigerië het. Hulle het drie sendingskole in Afrika en het reeds meer as 650 inheemse sendelinge uitgestuur wat werk in 32 lande onder 70 onbereikte groepe vanaf Noord-Afrika tot in die Arabiese Golfstate.

Ons ondersteun en werk ook saam met alle ander evangeliese sendingorganisasies - veral diegene wat 'n wêreldwye of noemenswaardige teenwoordigheid in die onbereikte wêreld het. Hier is 'n paar verdere skakels: Geopende Deure; Wycliffe Bybelvertalers; Joshua Project; Operasie Mobilisasie; Jesus-film Projek; Faith Comes By Hearing; MegaVoice; FEBA Radio; Gospel For Asia; Asia Harvest
Ons vennote in die sendingveld is ...
So word elke gemeente se finansiële wêreldaandeel aangewend ...
Dit is belangrik om te verstaan dat Projek KuberWêreld se doelwit nie alleen is om bekeerlinge te maak nie. Jesus het ons nie geroep om bekeerlinge te maak, maar dissipels. Dit is ons doelwit om dissipels te maak wat as toegeruste sendelinge na hulle eie mense sal gaan om die Evangelie uit te dra na die onbereikte etniese groepe van die wêreld. Projek KuberWêreld se missie eindig dus nie wanneer iemand 'n oorgawe aan Jesus Christus gemaak het op die internet nie. Dit begin eintlik eers daar!

Gemiddeld lei elke R200 wat aan Projek KuberWêreld bewillig word tot die bekering van een persoon êrens in die wêreld deur die internet, en die inskakeling van die persoon by 'n gemeente deur ons vennote. (Hierdie is in skerp kontras met die geraamde R11,000 of meer per nuwe lidmaat deur die uitstuur van 'n fisiese sendeling in 'n arm sendingveld, volgens een bron. Http://frontierharvestministries.net/WorldMissionStatistics.dsp plaas die totale koste van Christelike uitreike op $330,000 of ongeveer R3 miljoen vir elke nuwe dopeling.)

Vir ongeveer elke R200 wat 'n gemeente investeer in Projek KuberWêreld sal daar een nuwe bekeerling aangedui word in die statistiek op die Projek KuberWêreld se analiseblad. Verskeie fakore kan egter hierdie bedrag beïnvloed soos die Rand/Dollar wisselkoers en die CPC (cost per click) van soekwoorde en teikengebiede, aangesien 'n noemswaardige deel van ons inkomste op die koop van advertensies op die internet bestee word. Ons betaal 'n koste per klik elke keer wanneer iemand op ons advertensie klik. Dit word genoem CPC (cost per click). Alhoewel dit na baie geld klink, is dit die mees koste-effektiewe manier om die resultate te bereik wat ons wel bereik, en die goedkoopste deel van ons uitgawes. Hoe meer gemeentes in Projek KuberWêreld investeer, hoe laer sal die koste per bekeerling neig, en hoe meer fondse sal ons in opvolgwerk, opleiding en uitstuur van sendelinge na die onbereikte wêreld kan kanaliseer.

Dit is Projek KuberWêreld se doelwit om minder as 50% van ons inkomste op Projek KuberWêreld se internet evangelisasiebediening te bestee en om meer as 50% te investeer in ons vennote ten opsigte van hulle bydrae om internet bekeerlinge op te volg, in te skakel by gemeentes, sendelinge op te lei en uit te stuur na onbereikte groepe, Bybelvertaalwerk, oudio visuele Bybels en hulpmiddele, radio, en ander pionierswerk om die onbereikte wêreld effektief met die Evangelie te bereik. Soos reeds gemeld, is Projek KuberWêreld se doelwit om van ons bekeerlinge (wat geletterd is) sendelinge te maak wat weer hulle eie mense (waarvan baie ongeletterd is) te bereik met die Evangelie.

Met ander woorde, dit is ons doelwit om 50% of meer op 'n strategiese wêreldsendingplan te bestee. Alhoewel die verhouding aanvanklik onewewigtig in Projek KuberWêreld se guns neig, stel ons onsself ten doel om, soos meer en meer gemeentes deelneem, 'n al hoe kleiner persentasie van ons inkomste op die internetbediening, en al hoe groter persentasie op die strategiese wêreldsendingplan te bestee.
Projek KuberWêreld is deel van Operasie Pylvak se strategiese wêreldsendingplan. Operasie Pylvak is 'n strategiese wêreldsendingplan wat onder Aksie 1:8 se beskerning staan, met die doel om sendingbronne op die doeltreffendste wyse aan te wend sodat die ongeëvangeliseerde wêreld effektief bereik sal word deur samewerking en vennootskappe, sonder duplisering of oorvleueling deur aksies. Hieronder is 'n voorbeeld van die strategiese wêreldsendingplan.
© Kopiereg 2011 Scripture Educational Programs. Alle regte voorbehou. | Privaatheid | Aanspreeklikheid | Kontak |