Hoe groot is die geleentheid?



Die internet het reeds ontluik in die węreld se grootste sake en sosiale ontmoetingsplek. Tot relatief onlangs was die internet slegs gebruik deur 'n selektiewe minderheid wat oor genoegsame rekenaar en internet geletterdheid beskik het. Die meeste internet gebruikers was heel tevrede om slegs 'n epos fasiliteit te hę. Hierdie situasie is egter besig om baie vinnig te verander.

Nuwe applikasies soos soekenjins, blogs, forums, sosiale media soos Facebook, Twitter, YouTube en vele ander voortdurend toenemende en ontwikkelende applikasies, bring nie alleen die internet in elke huis nie, maar maak dit 'n onmisbare instrument vir elke huishouding. Applikasies is nou selfs besig om radio, televisie en selfoon tegnologie te integreer met die internet.

Die onderwys is reeds besig om Rekenaargeletterdheid  op laerskoolvlak  te implementeer. Die VN het onlangs in 'n verklaring gesę dat teen 2015 skoolverlaters in Suider Afrika (of enige plek in die węreld vir wat dit werd is) nie sal werk kry tensy hulle rekenaar- geletterd is nie.
Die Gesig van Sending is Besig
om te Verander


Die sendingveld van ons tyd is besig om te verander. Tot baie onlangs was die primęre metodes om die Evangelie te versprei onderworpe aan land-, streek- of gebiedsbeperkinge. Vir die eerste keer in die geskiedenis van die wêreld kan die hele wêreld bereik word deur die druk van een knoppie!

Die internet groei teen 'n fenonominale tempo en die Kerk sal wys wees om kennis te neem van hierdie nuwe geleentheid om die Evangelie oor die węreld te versprei.


Fenominale Geleenthede

Projek KuberWêreld is die eerste keer van stapel gestuur in September 2010 met 'n baie klein begroting. Binne die eerste 28 dae het 112 soekende persone van 18 verskillende lande (insluitende Iran) hulle name op ons gebedslys geplaas, waarvan 41 'n oorgawe aan Jesus Christus as Verlosser en Here gemaak het.

Met die hulp van plaaslike gemeentes en internasionale sendingvennote is dit ons doel om hierdie nuwe bekeerlinge te dissipileer en by 'n plaaslike gemeente in te skakel.
Gedurende 2010 is gesę dat die aantal internet gebruikers vermeerder het met 444% sedert die jaar 2000. Teen 31 Maart 2011, ongeveer ses maande later, het hierdie syfer gestaan op 480.4%, Junie 2012 was dit 566%. *
Gedurende 2010 het die aantal internet gebruikers die 2 biljoen merk verbygesteek wat  30,2% van die węreldbevolking verteenwoordig het. Gedurende Junie 2012 het 34.3% van die wêredlbevolking reeds toegang tot die internet gehad. *

Verbasend genoeg is dat die grootste aantal internet gebruikers nie in Amerika of Europa is nie, maar wel in Asię (44.8%). *
Gedurende 2011 was daar reeds meer as 4,7 biljoen soeke PER DAG op Google gedoen! 151,000,000 Soeke per maand word na die soekfrase "what is life" op Google alleen gedoen.
Die sosiale internet media soos Facebook, Twitter, YouTube, ens., is besig om te groei teen 'n astronomiese tempo. In Augustus 2010 was daar reeds meer as 500 miljoen Facebook gebruikers węreldwyd - 3.2 miljoen in Suid-Afrika, 1.7 miljoen in Nigerië, 196,700 in Libië, 22 miljoen in Turkye, 2.7 miljoen in Israel, en 1.5 miljoen in Rusland.

Teen 30 September 2012 was daar reeds meer as 937 miljoen Facebook gebruikers wat 'n groei van 87% in 2 jaar verteenwoordig! *

Dit is moontlik om byna elke nasie, ouderdoms-groep en vele taalgroepe met die Evangelie te bereik slegs op Facebook. Daar is selfs 109,000 Somaliërs op Facebook waarvan 84,000 Engels magtig is. (Somalië is die mees onbereikte land in die wêreld!)
Kyk Bietjie na die Volgende Statistieke:
* Bron: Internet World Stats
'n Christelike Internet Dissipelskap Bediening
© Kopiereg 2011 Scripture Educational Programs. Alle regte voorbehou. | Privaatheid | Aanspreeklikheid | Kontak |
Projek KuberWêreld
V
V
V
V
V
V
V
V
V
Afghanistan, Algerië, Azerbaijan, Bangladesh, Chad, Comoros, Djibouti, Ethiopië, Filippyne, Frankryk, Indië, Indonesië, Irak, Israel, Jordanië, Kazahkstan, Laos, Libië, Maleisië, Maldives, Mali, Mauritanië, Mayotte, Morokko, Nepal, Niger, Nigerië, Oman, Pakistan, Rusland, Saudi Arabië, Somalië, Sri Lanka, Takjikistan, Thailand, Tunisië, Turkmenistan, Turkye, Ukraine, Uzbekistan, Verenigde Arabiese Emiritate, Vietnam, Yemen