Projek KuberWêreld
Hoe werk Projek KuberWêreld se Internet Evangelisasieprogram?
Die Dissipelskapsiklus
Die Viswaters
Die Internet en
Projek KuberWêreld
Vissies word gekonfronteer met God se droom vir hul lewens
Die Vistenk
Projek KuberWêreld
Vissies ontdek God se droom vir hulle lewens
Gebed
Projek KuberWêreld en Vennootgemeentes
Daar word vir vissies op die gebedslys gebid
Gemeente-inskakeling
Projek KuberWêreld se Sendingvennote
Vissies word gelei om in te skakel by 'n Bybel-gefundeerde evangeliese gemeente of om 'n huiskerk te begin waar moontlik.
Dissipelskap
Scripture Educational Programs, Sendingvennote en plaaslike gemeentes
Die vissies in die bak word gevoed met die Woord
Die Lokaas Advertensie. In die eerste plek word 'n advertensie geplaas op 'n internetplatform soos Google of Facebook wat ontwerp word na aanleiding van die populêre soekfrases of behoeftes van die betrokke platform wat gebruik word. Die persoon moet dan op die advertensie klik as hy of sy belangstel om verder te lees. Daar word vir die advertensies betaal en intensiewe navorsing gaan met die belanning daarvan gepaard.
Die leser word nou gelei in 'n sondaarsgebed en wanneer hy of sy die sondaarsgebed gebid het, moet die persoon sy of haar naam op die Groeigebedslys plaas.

Drie dinge gebeur nou. In die eerste plek word daar nou gereeld vir hierdie nuwe bekeerlinge gebid. Tweedens word die nuwe bekeerling opgevolg met gereelde eposse en dissipelskap materiaal om hulle te help groei in die geloof. Derdens word sy of haar naam en kontakbesonderhede deurgegee aan ons vennote op die sendingvelde van die wêreld, wat elke bekeerling individueel opvolg en fisiese kontak met hulle probeer bewerkstellig. Hulle word dan ingelyf in 'n plaaslike evangeliese gemeente of word aangemoedig om 'n huisgemeente te begin na aanleiding van omstandighede.

Ons groot doelwit is om van bekeerlinge sendelinge te maak wat op hulle beurt weer hulle eie mense na Jesus Christus toe kan lei.

So werk die visvangprogram...
Die Aas- en Hoekbladsy. Wanneer iemand op die advertensie klik, word die persoon begelei na ons Aas- en Hoekbladsy. Die enigste doel van hierdie bladsy is om die besoeker se nuuskierigheid te prikkel om verder te lees. Op hierdie bladsy sę ons net genoeg om 'n belangstelling te wek om meer te wil weet. Die persoon moet dan 'n keuse maak deur weer op 'n skakel te klik. Deurgaans in die projek is die Wil van die leser van kardinale belang en moet hy of sy 'n keuse uitoefen, want op die ou end gaan ons van hierdie persoon verwag om 'n keuse vir Jesus Christus uit te oefen.

Reeds hier begin ons die onderskeid tref tussen aktiewe geloof en passiewe geloof. Die internet is 'n ideale medium om hierdie interaksie tussen skrywer en leser te bewerkstellig sonder 'n gevoel van intimidasie. U sal ook merk dat ons 'n foto plaas van die skrywer om die kommunikasie met die leser te verpersoonlik. Dit is dus nie slegs oordra van teologiese kennis nie.

Dit is egter belangrik om te noem dat hierdie (ons noem dit die "Droom-program") slegs een program is en dat verskillende programme, elk met 'n unieke aanslag ontwerp word, afhanghende van die sendingveld wat ons teiken. Daar is geen beperking op die aantal programme wat ons kan gebruik nie. Dit is egter belangrik om goeie soekfrase-navorsing te doen ten einde te bepaal "in watter waters die meeste visse swem" in die sendingveld wat geteiken word.
Die Intrekbladsy. Vanaf die Aas- en Hoekbladsy beland die besoeker nou op die Intrekbladsy. Stadig maar seker herlei ons nou die leser se gedagtes van die materiële węreld na die geestelike węreld. Ons fokus die leser se gedagtes op die feit dat hy of sy 'n skepsel van God is en die antwoorde vir die sin van die lewe slegs by God sal kry. Op hierdie bladsy praat ons nog gladnie van Jesus Christus nie, met die gevolg dat persone van alle gelowe aanklank vind by wat ons sę. Nadat ons egter ons punt gemaak het, bring ons die God waarvan ons praat in verband met die Bybel as Sy Woord. Die leser moet nou weer 'n keuse uitoefen om verder te wil lees.

Ons sluit hierdie bladsy af met 'n uitnodiging om vir die leser te bid dat hy of sy God se doel en plan vir sy of haar lewe sal vind. Teen hierdie tyd het ons reeds daarin geslaag om 'n behoefte na God by die leser wakker te maak. Indien 'n persoon dan die gebedsuitnodiging aanneem, moet die persoon sy of haar naam en eposadres op die aanlynvorm invul.

Wanneer iemand se naam op hierdie lys verskyn weet ons die persoon is soekende en kan ons met oorgawe vir hierdie persoon se redding bid. Hierdie persoon word dan opgevolg met gereelde eposse waarin ons 'n skakel verskaf na 'n besondere getuienis van redding. Die persoon word ook outomaties herlei na die Landingsbladsy.
Die Landingsbladsy. Op die Landingsbladsy lei ons die leser nou in besonderhede in die Evangelie-boodskap in en stel ons hom of haar voor aan Jesus Christus as Verlosser van die węreld. Die volgende onderwerpe word hier met die leser behandel:

* Die sondeval - die rede waarom jy van nature God se doel vir jou lewe mis.
* Hoe die sondeval jou raak - jy word 'n sondaar gebore.
* God het 'n volmaakte plan van herstel!
* Die inhoud van die Evangelie in 'n neutedop.
* Die geheim van die twee geboortes
* Hoe word 'n mens weergebore?
* Hoe weet jy dat jy weergebore is?
* So kan jy weergebore word hierdie oomblik.
* Neem nou 'n stap van geloof!
© Kopiereg 2011 Scripture Educational Programs. Alle regte voorbehou. | Privaatheid | Aanspreeklikheid | Kontak |