Aan die hart van hierdie bediening lê  Mat 28:18-20: "Gaan dan heen, maak dissipels van al die nasies ... en leer hulle ..."

Lees meer hier ...
Scripture Educational Programs
Dissipelskap Oor Grense is 'n dissipelskap bediening met die primêre doel om groeiende Christene te vestig en te wortel in die Woord van God.
Dit is verder ook ons doelwit om eenheid onder dissipels van Jesus Christus oor denominasionele grense heen te bevorder en om die dissipelskapmissie van die Kerk te help uitvoer.
Derdens is dit ons doel om groeiende Christene toe te rus om die Groot Opdrag van Jesus uit te voer en om doeltreffend te wees in ons getuienis aan die wêreld.
Sending Sonder Grense is 'n internet evangelisasie bediening waar ons daarop fokus om die wêreld met die Evangelie van Jesus Christus te bereik deur die internet.
'n Kuberprogram is ontwikkel waardeur ons 'n persoon op die internet tot 'n basiese begrip van die Evangelie, en daarna tot 'n punt van beslissing lei om Jesus Christus as Verlosser en Here aan te neem.
Verskeie platforms word gebruik soos Google, Facebook, Twitter en andere, waardeur dit vir ons moontlik is om byna enige groep mense in byna elke land van die wêreld te bereik.
Aan die hart van hierdie bediening lê Op 5:9: "U is geslag en het ons vir God met u bloed gekoop uit elke stam en taal en volk en nasie, .."

Lees meer hier...
"Ek het gekom, dat hulle lewe en oorvloed kan hê." Joh 10:10
Kerk Oor Grense is 'n ondersteunings-bediening vir huiskerke, veral in gebiede waar geen Bybel-gefundeerde evangeliese kerk bestaan nie.
Kerk Oor Grense ondersteun die vestiging van huiskerke met die doelwit om groeiende Christene te leer en te help om uit te reik na hulle eie omgewings.
Kerk Oor Grense ondersteun en fasiliteer huiskerke met opleidings- en leermateriaal, boodskappe en ander behoeftes.
Aan die hart van hierdie bediening lê Mat 18:20: " Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is Ek in hul midde."

Lees meer hier...
'n Christelike Internet Dissipelskapbediening
English Ministry
[Privaatheid] [Aanspreeklikheid] [Kontak Ons]
© Kopiereg 2011 Scripture Educational Programs. Alle regte voorbehou.